Cruxkamp

Ons nooi JOU en jou vriende om ‘n fees van sports en avontuur by hierdie jaar se Crux-Avontuurkamp te kom geniet. Soos gewoonlik is dit ‘n week, 26 September- 1 Oktober 2009, propvol aktiwiteite en is daar baaaaaaie mense om te leer ken. Die kamp is vir alle Graad 8 – 12 ‘s.
Hoekom Crux-avontuur? Crux (Latyn vir kruis) is wat vir ons sentraal moet wees in ons lewe: Jesus se “ultimate” liefdesoffer vir ONS. Om Jesus (die kruis) te volg is ook nie altyd maklik nie en daarom moet dit elke keer vir ons ‘n nuwe avontuur wees! Op Crux “leer” ons meer van God en onsself sodat ons God se liefde beter aan ander kan wys.
Die kamp begin SATERDAG!, 26 September om 11:00 en eindig DONDERDAG, 1 Oktober om 11:00 te Kruisrivierkampterrein. Ons kamp begin soos gewoonlik op Kruisrivier, maar soos altyd maak ons ‘n draai op Avontuur (braaivleis en potbrood!).
Hierdie jaar beleef ons, ons oggendritte op ’n nuwe Pumba (Pumba se broer)!!!! Moet net nie dink jy gaan ‘n oomlik stilsit nie! Ons gaan abseil, foefieslide, hindernisbane, literiabane, wildritte, stap, lofaand, dinee, baie flinkdink en kopkrap aktiwiteite aanpak, en so deur alles nog tyd maak om vriendskapsbande te smee (Dalk iemand in die oog te kry) en te vergeet van SKOOL (vir ‘n hele 6 dae)!
Ons hoop van harte JY besluit om te kom! ONS kan nie wag om jou daar te sien nie!
Kontak so gou moontlik vir Chrissie (083 608 2405 ) om teleurstelling te voorkom, aangesien daar hierdie jaar net 120 plekke beskikbaar is. Dit is baie belangrik dat jy jou vorm, asook ’n R100 deposito inbetaal om jou plek te verseker. Jammer geen plekke kan andersins gehou word nie.
LAAI SOMMER DIE MET AL DIE BESONDERHEDE IN PDF AF , VUL DIT IN EN FAKS DIT TERUG!
Indien jy vervoer benodig vanaf Middelburg na Kruisrivier (of terug) moet jy dit asb. duidelik op jou vorm aanteken en sal ons jou nader aan die tyd kontak oor die vervoer reëlings.
Vorige Blad: Jeug gebedslys 2010