Omgeegroepe
OMGEEGROEPBEDIENING
Weeklikse “oop” omgeegroep. Daar is elke Maandagaand om 19h00, ‘n omgeegroepbyeenkoms by Anton Gilfillan se huis by Fonteinstraat 6 ; dit is op die hoek van Fontein- en Hoogstraat; die ingang is in Hoogstraat. Hierdie byeenkoms is bedoel om alle nuwe belangstellendes te huisves, totdat hulle by ‘n groep van hulle keuse ingedeel word. Dit is ook bedoel vir diegene wat nie in ‘n bestaande omgeegroep tuis voel nie, en eerder na ‘n ander groep wil oorskakel. Hierdie byeenkoms is ook bedoel vir gemeentelede wat nog onseker en nuuskierig is. U is meer as welkom om hierdie geleentheid by te woon!
Van uitstel kom afstel ! Hoekom wil u nog uitstel ? Praat met mekaar en neem 'n wilsbesluit om by 'n omgeegroep in te skakel. As u twee of meer huisgesinne is wat met u eie omgeegroep wil begin, skakel ons en ons sal u help om te begin. As daar niemand is wat in die beginstadium kan leiding neem nie, sal ons u ook help. Moenie eers 'n leier soek voordat u met 'n omgeegroep begin nie, kry mense bymekaar en skakel ons, ons sal u in alle omstandighede help om aan die gang te kom.
Leesstof en lesmateriaal. As daar persone is wat begerig is om meer van omgeegroepe te leer en leestof soek, skakel ons gerus. Ons het ook toegang tot 'n magdom van gratis lesmateriaal wat omgeegroepe kan gebruik.
Skakelpersone:
Leon de Bruyn 082 809 7370
Andries Els 082 697 1015
Anton Gilfillan 082 771 8407
Heleen van Heerden 076 906 5643